Koersaanpassing - Gordon MacDonald

Koersaanpassing

By Gordon MacDonald

  • Release Date: 2013-06-07
  • Genre: Christianity

Description

Vir elkeen wat al lank genoeg en moeilik genoeg geleef het om te besef die lewe is ’n opdraande stryd en antwoorde is nie so maklik beskikbaar nie, sal die inhoud van KOERSAANPASSING nuwe hoop bring. Die optimisme wat ons as kinders ervaar, verdwyn dikwels in ons volwasse jare en die strewe na ideale word vervang met ’n lewe gebou op verpligtinge.
     Die boek is ingedeel in vier afdelings: koersaanpassing, begin met ’n oproep om iets agter te laat, daag ons uit om te volg en gedy as ons ons inspan om te strek na die hoogste moontlikhede. Hiermee lei die skrywer lesers in ’n nuwe rigting met hoop en optimisme as reisgenote.
     KOERSAANPASSING fokus ook op die Bybelse temas wat die basis bied vir alle lewensveranderende waarhede:
• die verskuilde bedoelings van God
• die verskuilde waarde van die Bybelse mense
• die verskuilde belonings van die hemel
     Elke leser kan beheer neem oor die koers waarop sy of haar lewe is. En dis nooit te laat vir ’n koersaanpassing nie.

Comments